AnecDoTes

“Die legendariese Dr. Craven het hierdie brief aan my geskryf in 1972 toe ek in St.6 was.As jong skooseun het dit 'n geweldige indruk op my gemaak dat so 'n beroemde persoon die moeite gedoen het om te antwoord op my brief. Die brief vorm deel van 'n versameling briewe wat ek destyds van rugbyspelers ontvang het”
Deon van Almelo
 
Doc Danie Craven Letter
 
 
"'n Staaltjie wat ek darem persoonlik van getuie was.  Ek dink dit was daar in 1993 toe Dok Craven die Ere burgerskap van lindley gekry het. Hy het self na Lindley gereis en die Stadsraad was net besig met 'n voorbereidings vergadering om hom te ontvang, toe hy, Dok, ewe rustig (alleen) in Lindley se strate op en af gewandel het. Hy het nie geweet waar om in te loer nie. Ek het hom gelukkig (toevallig) sien dwaal en hom dadelik herken. Ek was toe nog voorsitter van die Besigheidskamer van Lindley. Ek het hom vriendelik gaan groet en 'n geselsie met hom aangeknoop.  Ek deel hom toe mee dat die Stadsraad juis nou in sitting is om hom te ontvang. Dadelik sien hy 'n stukkie humor in die situasie en vra my om hom gou te gaan wys waar die 'manne' vergader. Ek onthou nog van die manne wat ewe statig daar om die ovaal tafel in die Raadsaal gesit het. Paul Avenant, Jasper van der Linde (toe burgemeester), Nols klopper, en ander. Darem redelik bekend met al die manne, stap ek ewe ongenooid by die Raadsaal in, met Dok kort op my hakke. 'Goeie naand menere' groet ek. 'Mag ek hierdie oubasie aan julle voorstel.  Dit is nou Dok Craven.' Dalk wou julle hom iewers afhaal.'  Ek kan nie die pandemonium beskryf nie. Hulle het nooit 'n reëling getref om Dok op 'n spesifieke plek te ontmoet nie, die dat hy so in die straat op sy eie in die rigting van die Stadsaal gedwaal het. 

Die Saterdag het Abe Williams, 'n volgende Minister van Sport by Dok aangesluit. Lindley het spesiaal 'n rugby wedstryd teen Senekal gereel vir die geleentheid. Kobus van der Berg was ons kaptein. Ek, toe, 47 en Willie (Dauga), ek dink toe 46, was onderskeidelik Los en Skrumskakel van Lindley. Na die beste van my wete, die oudste skakelpaar in die 'wereld.'  Ons het sowaar nagelaat om dit in die Guinness book of records te laat aanteken.

Hoe dit ookal sy, Dok Craven en Mnr Williams het ons oorwinning oor Senekal se span baie genotvol gevind. Dit was ook my laaste wedstryd vir Lindley gewees."
 
Groete en mooi loop
Chris Moolman